- admin@agropedo.co.za
- 066 125 2091
- 063 690 9605
Die weeg van vleisbeeste is ‘n belangrike bestuurshulpmiddel in enige kudde. Dit voorsien akkurate, dier spesifieke prestasiedata wat uiters belangrik is om ingeligte bestuursbesluite te neem wat beide produktiwiteit en effektiwiteit van die kudde sal verbeter.
Die suiwelindustrie is waarskynlik die vertakking wat op die voorpunt is van wegings en die inligting wat daaruit beskikbaar gestel kan word. Hierdie bestuursaksie begin egter al meer in die vleisbeesindustrie posvat en die inligting word met groot sukses in die besluitnemingsproses aangewend.
Voordele van Wegings
Daar is verskeie voordele aan die weeg van vleisbeeste verbonde, naamlik:
Agropedo Armenta
Die groot voordeel van Agropedo Armenta is dat elke vleisbees produsent nie ‘n duur uitgawe in terme van ‘n beesskaal hoef aan te gaan nie. Agropedo Armenta het ‘n mobiele skaal wat gebruik word om diere op die plaas te weeg. Hierdie massas en ander relevante inligting word dan aan die produsent beskikbaar gestel, tesame met aanbevelings wat ten doel het om die winsgewendheid van die produsent te verhoog.
Agropedo Armenta het ook ‘n samewerkingsooreenkoms met ‘n Suid-Afrikaanse RFID- oorplaatjie vervaardiger en hulle plaatjies word gebruik. Elke plaatjie word gekoppel aan die spesifieke dier se oornommer wat kruisverwysings vergemaklik. Agropedo Armenta se mobiele skaal is toegerus met so ‘n skandeerder, en om diere te weeg en tel wat op die stelsel is, neem slegs ‘n paar sekondes. Hierdie stelsel is uiters nuttig waar kalwers uitgegroei (background) en afgerond word, en die volgende inligting wat daaruit beskikbaar is, is die volgende:
Hierdie stelsel bied dus volledige naspeurbaarheid aan die verbruiker wat in die toekoms al meer belangrik sal word. Die voordele van hierdie RFID stelsel is die volgende:
Dus ter opsomming: Hierdie is een van die vele bestuurspraktyke wat Agropedo Armenta aanwend om hul leuse te vervolmaak – Presisieboerderypraktyke op jou Vleisbeeste!!! Neem die vrymoedigheid om Hennie du Toit te skakel by 084 515 6817 of hennie@agropedo.co.za om meer oor die onderwerp uit te vind.
FIGUUR 1: AGROPEDO ARMENTA SE MOBIELE SKAAL WAAR DIERE GEWEEG WORD
FIG 2: DIE SKANDEERDER EN RFID-OORPLAATJIES WAT GEBRUIK WORD