- admin@agropedo.co.za
- 066 125 2091
- 063 690 9605
Speenkalwers, veral bulkalwers, word op groot skaal in Suid-Afrika uitgegroei en afgerond voordat hulle geslag word vir vleisvoorsiening aan die populasie. Daar is heelwat metodes wat gevolg kan word om die diere effektief en winsgewend af te rond. Daar is ook twee baie belangrike faktore wat die winsgewendheid van sodanige vertakking kan beïnvloed, en dit is die volgende:
Hierdie twee faktore word afsonderlik bestuur om die winsgewendheid van die vertakking so hoog moontlik te kry.
Die gewone konvensionele metode is om die speenkalwers direk na speen in die voerkraal te plaas waar hulle eers ‘n groeirantsoen ontvang om uit te groei. Daarna word hulle afgerond op ‘n afrondingsrantsoen voordat hulle geslag word. Die afgelope klompie jare het die grondstowwe egter ontsettend duur geword. Soveel so dat die voerkraalrantsoene, oftewel die voermarge byna onbekostigbaar geraak het. Daarby saam het die speenkalfprys meer verhoog as die slagprys, wat die prysmarge geminimaliseer het. Die direkte gevolg is dat die winsgewendheid van ‘n standaard voerkraal onder groot druk geplaas word.
Om hierdie prysstygings en marges te kan akkommodeer, het produsente en voerkrale begin om speenkalwers direk na speen, eerder op weidings uit te groei met ‘n daaglikse byvoeding. Die daaglikse byvoeding is baie goedkoper as die voerkraalrantsoen, terwyl die diere steeds goed kan groei. In hierdie fase wil raamgroei behaal word. Die tydperk van uitgroei op weidings, oftewel backgrounding, verskil van produsent/voerkraal tot produsent/voerkraal. Hierdie diere kan op natuurlike of aangeplante weidings, asook groenvoer uitgegroei word. Besproeide groenvoer het ‘n baie hoë voerproduksie en op ‘n klein oppervlak kan baie kalwers uitgegroei word.
Sodra die diere swaar genoeg is, word hulle verder in die kraal afgerond voordat hulle geslag word. In hierdie fase moet die diere se vetgehalte ge-optimaliseer word. Diere wat direk vanaf die veld geslag word, se vet is geel en dit is onaanvaarbaar vir sekere abattoirs en markte. Hierdie afrondfase in die kraal het dan ten doel om die vet se kleur asook die hoeveelheid vet reg te kry vir die verbruiker.
Vele faktore kan die winsgewendheid van uitgroei op weidings/voer, beïnvloed. Van hierdie faktore is die volgende:
Voordele van uitgroei/background
Die voordeel van ‘n uitgroeifase (backgrounding) is hoofsaaklik om die winsgewendheid van die totale vertakking te verbeter. Eerstens benut die kalf steeds weiding wat hy voorspeen ook geken het. Dus is die speenskok kleiner en presteer die kalf vinniger as om direk in die voerkraal geplaas te word. Die kalf begin dus vinniger aan die groei kom wat baie voordelig is.
Tweedens maak hierdie uitgroeifase die kalf “goedkoper” aangesien die dier groei teen ‘n lae koste en dus word hy teen ‘n laer aankoopprys in die kraal geplaas. Die prysmarge word dus gemaksimeer wat die totale vertakking meer winsgewend maak.
Derdens is die voerkoste laer vir die eerste gedeelte van die vertakking terwyl die kalwers steeds groei. Dit verbeter dus die voermarge, wat ook bydra tot die totale winsgewendheid.
Vierdens is dit gewoonlik ‘n swaarder kalf wat die voerkraal binnekom. Aangesien hy reeds die raamgrootte het en aan die voer in bakke gewoond is, groei hy veel vinniger op die duur rantsoen as ‘n kalf wat met speen in die voerkraal ingekom het. Die rendement op die duur voer is dus baie beter en word die voermarge verder verstewig.
Nadele van uitgroei/background
Die eerste nadeel is dat die groeiperiode verleng word. Die uitgroeifase kan vanaf 90 dae tot sowat 180 dae wees voordat die afrondfase begin. Maar die afronding is dan veel korter en is dit gewoonlik ongeveer 60 tot 75 dae, afhangend van hoe swaar die diere geslag kan word. Hoe swaarder die karkasse kan wees, hoe meer winsgewend is die vertakking.
Die tweede nadeel is dat hierdie praktyk bestuursinsette van die produsent verlang. Bestuursinsette wat meestal nie gegee word nie en die resultaat van die praktyk blyk dan nie voordelig genoeg te wees nie. Indien sodanige praktyk gevolg wil word, moet seker gemaak word dat die produsent/bestuurder voldoende insette kan en wil lewer om ‘n sukses van die vertakking te maak!
Wenke vir die doeltreffende uitgroei en voer van speenkalwers
Rantsoene
200 kg – 6.4 kg voer/dier/dag
250 kg – 8 kg
350 kg – 11.2 kg
Water
Winter: skrop die krippe 1 keer per week
Indien probleme ondervind word, kontak vir:
Hennie du Toit Pr.Sci.Nat (Anim.Sci)
Vee- en Weidingkundige
Agropedo Armenta
084 515 6817