- admin@agropedo.co.za
- 066 125 2091
- 063 690 9605
Die komende koringseisoen lê om die draai. Daar is egter vele probleme wat die winsgewendheid van sodanige vertakking kniehalter. Die grootste sondebok is beurtkrag – daar is net nie genoeg krag om koring volhoubaar nat te hou nie!!! Almal sit met hul hande in die hare oor beurtkrag. Watter alternatiewe is daar wat ingespan kan word om die winsgewendheid van die plaas ‘n hupstoot te gee?
‘n Winsgewende opsie is om speenkalwers op groenvoer uit te groei en aan ‘n voerkraal te bemark. Die winsgewendheid van hierdie twee opsies word in hierdie artikel vergelyk om die keuse tussen die twee te vergemaklik.
AANNAMES
Die volgende aannames is gemaak wat van toepassing is op beide gevalle, naamlik:
KORING AANPLANTING
Die koring onder besproeiing se lopendekoste struktuur van SA Graan (TABEL 1), is as basis vir die berekeninge geneem. Afgerond is die lopende uitgawes vir die koringseisoen, vir ‘n opbrengs van 7 ton/ha, sowat R26 691/ha wat ‘n total van R533 820 beteken. Teen ‘n 7-ton oes, is die inkomste sowat R811 720 nadat die bemarkingskommissie afgetrek is. Die wins is dus R277 900 of R13 895/ha. Hierdie wins realiseer dus sowat 52% opbrengs op kapitaal.
SPEENKALWERS UITGROEI
Speenkalwers word op groenvoer uitgegroei vir ‘n periode van sowat 90 dae waarna hulle aan ‘n voerkraal bemark word. Groenvoer is nie naastenby so gevoelig vir besproeiing op spesifieke tye asook kwantiteit (hoeveelheid water) soos koring nie. Die winsgewendheid van hierdie stelsel word hierby as TABEL 2 aangeheg. Hierdie tabel bevat alle kostes wat van toepassing is op die stelsel – alle spilpunt koste, saad, bemesting, prosesseringskoste, vervoer ensovoorts is ingesluit. Die totale koste is dan R5 600 000 (kalwers aangekoop) en R1 368 095 (lopende uitgawes) met ‘n total van R6 968 095. Die wins is dan R418 785 of R20 939/ha.
Die aankoop van die kalwers is baie duur en jaag die aanvanklike bedrag wat nodig is, heelwat op. Aan die einde van die projek, wanneer die kalwers bemark word, word die aanvanklike aankoopbedrag egter weer terugbetaal. Die wins is dan R418 785 wat egter uit R1 368 095 (netto) geproduseer is met ‘n 30.6% opbrengs op kapitaal. Byna dubbel soveel wins is beduidend meer en sal verseker ‘n positiewe impak lewer op die winsgewendheid van die plaas.
OPSOMMING
Die opbrengs op kapitaal is hoër by die koring as by die uitgroei van speenkalwers, so ook die aanvanklike lopende kapitaal benodig. Die vraag is egter – met die beurtkrag situasie: hoe waarskynlik is dit om 7 ton/ha te stroop? Die netto wins is hoër by die speenkalwers en daar is addisionele voordele wat nie meetbaar is op kort termyn nie, naamlik:
Kontak gerus vir Hennie du Toit by 084 515 6817 of hennie@agropedo.co.za om meer oor die uitgroei van kalwers, en ander opsies hierby, uit te vind. Daar is verskillende scenarios wat almal uiters goeie resultate lewer – elke stelsel het net sy eie eienskappe waaraan voldoen moet word.